|
Schoongezicht Gastehuis |
|
Waarde vir geld Tariewe sluit ‘n volledige ontbyt in. Ontbyt word op die patio of in die huis bedien. Ontspan in die sitkamer of in die winter voor die kaggelvuur. Aandete op versoek (behalwe Sondae) teen ‘n ekstra fooi. Vervoer van en na die lughawe word op versoek gereël. Schoongezicht is gerieflik geleë binne ‘n 30 minute radius vanaf Kaapstad, V & A Waterfront, Stellenbosch, Paarl en 10 minute vanaf Tygervallei winkelsentrum waar inkopies gedoen kan word om ‘n ieder en elk tevrede te stel. Durbanville sentrum is twee minute vanaf Schoongezicht. Durbanville Medi-Clinic en Durbanville Kollege is ± binne ‘n 1 km. Uitstekende restaurante in die omgewing—om nie van die topgehalte wyn te praat nie!
|


|
Ontbyt is ‘n smaaksensasie! |
|
Aandete kan selfs in die kamer geniet word. |
|
Ons maak graag van jou verjaardag |
|
Bespreek ‘n ete vir tot 20 gaste. |
