Storietyd by Schoongezicht Gastehuis

In 1973 het Abrie & Linda die trotse eienaars geword van ‘n erf  in Schoongezicht op die rand van Durbanville.  Die beeste en skape van die omliggende plase het rustig in die omgewing gewei—tot so ‘n mate dat Linda soggens die beeste uit die tuin moes jaag voordat sy skool toe kon gaan om onderwys te gee.  Durbanville was ‘n klein dorpie waar mense mekaar gegroet het en waar almal mekaar op die naam genoem het.  Hier het hulle met ‘n gesin begin en Abrie het gereeld vakansies met die kinders gaan kleinlat speel.  Die gemeenskap het na mekaar omgesien en die kinders het die omgewing platgery met hul fietse en met hul maatjies piekniek op die parkie voor die huis gehou.

 

Die Coetzees nooi julle graag om by Schoongezicht oor te bly—hier waar drie geslagte hard gewerk het om ‘n warm tuiste te skep wat ons met trots met ons gaste deel.

 

Durbanville is bedrywig, maar die “dorp” atmosfeer is steeds blywend.  Met die wynlande binne stapafstand en interessante plekke om te besoek, is Schoongezicht die aangewese plek om te bly en weer na toe terug te keer.  Of jy wil rus of “rondloop” - jy sal met respek verwelkom word.  Persoonlike -  maar professionele - diens is vir ons van uiterste belang.  Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.

 

Getrou aan die familie-tradisie, het Ben (26), as meester skrynwerker gekwalifiseer. Hy het ‘n uitgebreide portefeulje oor die afgelope paar jaar opgebou met kwaliteitwerk bv ontwerpersmeubels, winkelinterieurs, klankstudios, ens.

Tuisblad

Hoe om daar te kom

Storietyd

Tariewe

Kontakbesonderhede